Thursday 26 September 2013

Verf verf verf!

Ek het die langnaweek 'n boekrak wat my pa jare gelede vir ons studentehuis gemaak het, en 'n super ou bedkassie wat uit klein huisie kom, geverf!  Dit staan nou in die seunies se kamer.



Monday 5 August 2013

Ons huisie is klaar!

Na amper 'n jaar van bou is ons Breërivier huisie uiteindelik klaar!  Noudat die meeste van ons deel van die werk ook klaar is, is ons baie opgewonde en kan nie wag om rustig op die stoep te sit en koffie drink en kyk hoe die seunies met hul kayaks op die rivier roei nie.

So 'n groot projek pak 'n mens natuurlik nooit alleen aan nie.  Baie dankie Pa Carlo, Ma Hetta en Vincent, sonder julle hulp sou ons nooit ons droom kon bewaarheid nie.

Ons se dus nou vaarwel aan die 'shack'.  Die vlermuise en muise het ons party dae ore aangesit, maar ons sal dit onthou vir 'n hele paar lekker Desembervakansies en laataand kuier op die stoep terwyl die kleinmanne al slaap.

Die 'shack'


En ons nuwe huisie!







En 'n lieflike stoep!





Hier kort nog 'n bietjie gras!


En 'n stort buite!



Genoeg reenwater tenke vir 'n lekker lang vakansie.

Ek is mal oor die ou eetgerei 'wind chime'.


My pa het die ou skoolbank in 'n hangplek omskep.  Carlo het die ou geoksideerde koperhake van die 'shack' gered.


Die binnekant kort nog 'n bietjie persoonlikheid, maar ek laai binnekort foto's daarvan op!