So
'n groot projek pak 'n mens natuurlik nooit alleen aan nie. Baie
dankie Pa Carlo, Ma Hetta en Vincent, sonder julle hulp sou ons nooit
ons droom kon bewaarheid nie.
Ons se dus nou
vaarwel aan die 'shack'. Die vlermuise en muise het ons party dae ore
aangesit, maar ons sal dit onthou vir 'n hele paar lekker
Desembervakansies en laataand kuier op die stoep terwyl die kleinmanne
al slaap.
Die 'shack'
En ons nuwe huisie!
En 'n lieflike stoep!
Hier kort nog 'n bietjie gras!
En 'n stort buite!
Genoeg reenwater tenke vir 'n lekker lang vakansie.
Ek is mal oor die ou eetgerei 'wind chime'.
My pa het die ou skoolbank in 'n hangplek omskep. Carlo het die ou geoksideerde koperhake van die 'shack' gered.
Die binnekant kort nog 'n bietjie persoonlikheid, maar ek laai binnekort foto's daarvan op!

















No comments:
Post a Comment